Oueromsendskrywe 10/2011

Geagte ouers                                                            4 November 2011

Ek gee graag die volgende inligting aan u deur:

1. BEGROTINGSVERGADERING:
Tydens die begrotingsvergadering, gehou op 26 Oktober 2011, het die
teenwoordige ouers die volgende besluite geneem:

1.1 Die begroting vir 2012 soos voorgelê, is goedgekeur.
1.2 Skoolgeld vir 2012 is as volg goedgekeur:  
Primêre Skool    :  R450,00 per leerder per maand vir 11 maande.
Preprimêre Skool:  Voldag : R680-00 per leerder per maand vir 11 maande.
Halffdag: R570-00 per leerder per maand vir 11 maande.
1.3 Ouers wat van mening is dat hulle kwalifiseer vir kwytskelding of afslag van
skoolgelde, sal aansoek daarvoor moet doen.  Die nodige vorms hiervoorsal vanaf Januarie 2012 by mev. Elzette Fourie beskikbaar wees.
    
2.  OUERVERENIGING
Tydens die reorganisasie is die volgende bestuur vir 2012 verkies:
Voorsitter : mev. Denise Kirsten
Sekretaresse : mev. Ansie bester
Graad R  
mnr. Kevin Basson
mev. Vanessa Boardman
Graad 1  
mnr. Danie Serfontein
mnr. Johan Jooste
Graad 2 
mnr. Hendrik Bezuidenhout
mev. Marinda Lombaard
mnr. Evan de Beer
Graad 3
 
mev. Vanessa Muller
mnr. Theo van Niekerk
mnr. Christo Esterhuizen
Graad 4
mev. Charlene Harrison
mev. Angelique Müller
Graad 5 
Natasha van der Merwe
mnr. Jaco van graan
mnr. Voëltjie Hamman
Graad 6 
mev. Lindie Fourie
Graad 7 
mev. Luzaan Schlebusch
mnr. Walter Schmidt   
    
3. 
HOUSE OF PRAYER EN “TEDDY BEAR RUN”:
Daar is kos en teddiebere ingesamel vir bogenoemde aksies.  Ons wil u as ouers bedank vir u oorweldigende reaksie hierop.  Ons kon geweldig baie nie bederfbare voedsel aan House of Prayer skenk en het ‘n bakkievrag teddiebere aan die publisiteitsvereniging geskenk.  Nogmaals baie dankie vir u wonderlike reaksie.
     
4.   SKOOLSLUITING, RAPPORTE EN EKSAMEN:

4.1  Die skool sluit amptelik op Vrydag 9 Desember 2011.  Leerders sal egter nie meer vanaf Maandag 5 Desember 2011 gesoek word as hulle nie by die skool is nie.
4.2  Rapporte sal op Vrydag 9 Desember 2011 vanaf 7:30 tot 8:00 aan leerders 
oorhandig word.  Leerders wie se rapport nie afgehaal word nie, sal gepos word.                                                                                                                                                                                                                                                                                                                                                                                                                             
4.3  Die eksamenrooster sal volgende week aan u gestuur word.

5.  INLIGTINGSVERGADERING:
Ons lig u vroegtydig in oor bogenoemde:
5.1  Preprimêre en grondslagfase inligtingsvergadering: 18 Januarie 2012 – 18:00
5.2  Intermediêre en senior fase:              19 Januarie 2012 – 18:00

6.  OUERVERENIGING – SPORTAFSLUITING:
Die ouervereniging beoog ‘n sportafsluiting op Saterdag 26 November 2011.
Indien u belangstel om deel te neem, kontak asseblief die volgende persone:
Selnommer
Krieket: Kevin Basson - 0727037074
Netbal: Lindie Fourie - 0834691921
Hokkie: Angelique Muller - 0733603604  
Tennis:  Jaco van Graan - 0834410289

Die verrigtinge sal afgesluit word met ‘n bring- en braai in die lapa.

7.  EKSAMENROOSTER:
Die eksamenrooster sal na die prysuitdelings aan u gestuur word.

Baie dankie.


GJP NIEUWOUDT
SKOOLHOOF

Oueromsendskrywe 9/2011

                                                                                      12 Oktober 2011 
G
eagte ouers

Ek gee graag die volgende inligting aan u deur:

1. REDENAARAAND:
As gevolg van die graad 6 leerders wat van 17 tot 21 Oktober 2011 die
Buitelugskool besoek, verskuif ons Redenaarsaand na 27 Oktober 2011.

2. KOMEDIANTAAND:
Ek herinner weer aan die komediant, Piet Mitchell, wat op 14 en 15 Oktober 2011,
by die skool, optree. Die volgende persone kan vir kaartjies gekontak word:
Dawid Fourie: 0834691920
Walter Schmidt: 0825585581

Fondse wat hiermee ingesamel word, word gestort in die Naudeville Trust. Hierdie
Trust is geskep tot voordeel van Primêre Skool Naudeville en leerders van
hierdie skool.

3. OUERBEGROTINGSVERGADERING/OUERVERGENIGING RE-ORGANISASIE:

Ek herinner u net weer aan bogenoemde vergaderings wat op Woensdag
26 Oktober 2011, plaasvind.

Begrotingsvergadering : 18:00
Ouervereniging re-organisasie: 18:30

Dit is baie belangrike vergaderings en ons wil asseblief al ons ouers betrokke hê.

4. PRYSUITDELINGS:
Die prysuitdelings vind as volg plaas:

4.1 Grondslagfase : Dinsdag 8 November 2011 om 18:00
4.2 Intermediêre Fase: Woensdag 9 November 2011 om 18:00

Verdere inligting sal later aan u gestuur word.

5. HARDLOOPSKOENE (TEKKIES):
Ons leerders dra saam met hul sweetpakke hardloopskoene. Die tendens is
dat enige kleur skoen huidiglik aangekoop word om by die sweetpak te dra.
Vir eenvormigheid gee ons asseblief twee keuses. Oorwegend wit of oorwegend
blou. Ander kleure pas nie by ons skoolkleure nie.

6. ONDERSTEUNING:
Ons is baie dankbaar vir u as ouers se ondersteuning ten opsigte van ons
sportspanne. Tog is dit belangrik dat optrede langs die veld in ooreenstemming
met die waardes van die skool sal wees.

7. “ARTIST UNITE FESTIVAL”:
Bogenoemde fees vind op 18 en 19 November 2011 by die Noordwes Stadion
plaas. Kunstenaars soos Steve Hofmeyr, Theuns Jordaan, DJ Ossewa,
Die Campbells, Juanita du Plessis, Pieter Koen ens. tree gedurende die dag
daar op.

Kaartjies vir die Vrydag- en Saterdagaande is by die skool beskikbaar. Die
kaartjies kos R60-00.

8. LEERDERAANGELEENTHEDE:
Vrystaat 0/13A krieket: Zandre Ellis en Paul Sauer
Vrystaat 0/11A krieket: Arthur Harrison en Jacquin Bailey.

Baie dankie

GJP NIEUWOUDT
SKOOLHOOF

 

Oueromsendskrywe 5/2011

Geagte ouers                                                                             12 April 2011

Ek gee graag die volgende inligting aan u deur:

1. OUERAAND:
Die oueraand vind plaas op Woensdagaand 13 April 2011. Al die ouers kom eers om 17:30 in die saal bymekaar, waar ons ‘n gesprek gaan voer oor ons kinders (Welkom moordsaak). Daarna kan die rapporte by die onderskeie onderwysers in hul klasse afgehaal word.
Ouers wat nie in die saal kan wees nie, kan reëlings tref om die rapport dadelik af te haal.

2. WINDJAKKERS:
Huidiglik dra die leerders koningsblou windjakkers. Aangesien die sweetpakke se kleur verander het is daar besluit dat daar oorgeskakel word na donkerblou windjakkers (wat soos die sweetpakke lyk). Leerders wat tans in besit is van koningsblou windjakkers sal nog toegelaat word om dit te dra.

GJP NIEUWOUDT
SKOOLHOOF


 

Oueromsendskrywe 4/2011

                                                                                    16 Maart 2011 
Geagte ouers

Ek gee graag die volgende inligting aan u deur:

1. PRETLOOP:
Ons het vanjaar die pragtige bedrag van R74000-00 met die Pretloop ingesamel. Baie dankie vir u bydrae om hierdie projek so ‘n groot sukses te maak.

2. LOTTOPROJEK:
    Die lottoprojekte is uiteindelik afgehandel. Die volgende is afgehandel: 

  • Palisade rondom die skool.
  • Plaveisel by die tennisbane en lapa.
  • Omskep van die kleedkamer in ‘n snoepie.
  • Installeer van skuifdeure by die personeelkamer.

U sal saamstem dat die geld ontvang vanaf die NLDTF tot voordeel van ons skool spandeer is.

3. 28 en 29 APRIL 2011:
Ek herinner u net daaraan dat die skool op 28 en 29 April 2011 gesluit sal wees.  Daar sal dus vanaf Vrydag 22 April 2011 tot en met 2 Mei 2011 geen skool wees nie.

4. OUERAAND:
Aangesien ons tot en met 25 Maart 2011 eksamen skryf sal die Oueraand op Woensdag 13 April 2011 plaasvind (17:30 – 19:30).

5. SKOOLTYE GEDURENDE LIGAWEDSTRYDE:
Die volgende uitkomtye sal geld gedurende die rugby- en netbalseisoen:
    Tuiswedstryde: 13:15
    Wegwedstryde: 12:55


G.J.P. NIEUWOUDT
SKOOLHOOF


 

Oueromsendskrywe 3/2011

                                                                                  28 Januarie 2011

Geagte ouers

Ek gee graag die volgende deur:

1.  Goudveld-Suid Atletiek:
Hierdie byeenkoms se datum verskuif weer. Die Goudveld-Suid atletiekbyeenkoms sal nou op MAANDAG 14 FEBRUARIE 2011 plaasvind en nie MEER op die 15e nie. Jammer vir die ongerief.

Onthou dus ook dat daar nie op Maandag 14 Februarie 2011 skool sal wees nie.

Baie dankie.

G.J.P. Nieuwoudt
Skoolhoof


 

Oueromsendskrywe 02/2011

                                                                         25 Januarie 2011
Geagte Ouers

Die volgende inligting is vir u aandag:

1. JAARLIKSE NASIONALE ASSESSERING (ANA’S) /
    GOUDVELD-SUID   ATLETIEK
:
Op die jaarprogram is dit aangedui dat die Goudveld-Suid Atletiekbyeenkoms op 10 Februarie 2011 sou plaasvind. As gevolg van die skryf van die ANA’S verskuif die atletiek na MAANDAG 14FEBRUARIE 2011.

Met die Goudveld-Suid Atletiekbyeenkoms sal die skool gesluit wees a.g.v. die groot aantal atlete wat gaan deelneem en die onderwysers wat as beamptes moet optree. As u kind nie ‘n atleet is nie, MOET HY/SY DUS HIERDIE DAG BY DIE HUIS BLY.

Meer inligting oor die atletiek sal later aan die atlete deurgegee word.

2. 28 EN 29 APRIL 2011 :
Ons het ‘n brief aan die onderwysdepartement gerig en toestemming verkry om die skool op 28 en 29 April 2011 te sluit. Daar dus sal vanaf Vrydag 22 April 2011 (Goeie Vrydag) tot Maandag 2 Mei 2011 (Werkersdag) geen skool wees nie. DIE SKOOL SLUIT DUS DONDERDAG 21 APRIL 2011 OM 13:35 EN HEROPEN WEER DINSDAG 3 MEI 2011 OM 07:30.

Baie dankie.

G.J.P. Nieuwoudt
Skoolhoof


 

Oueromsendskrywe 01/2011

                                                                                 12 Januarie 2011
Geagte ouers,

Ek gee graag die volgende inligting aan u deur :

1. SKOOLGELDE :
Die skoolgelde vir 2011 beloop R385,00 per maand, betaalbaar oor 11 maande (R4 235,00 per jaar). Indien u van mening is dat u kwalifiseer vir afslag of kwytskelding van skoolgelde, moet u onverwyld vorms by die kantoor afhaal en aansoek doen daarvoor.
Ouers wie se gesamentlike bruto inkomste minder is as R105 875,00 per jaar kwalifiseer vir afslag op skoolgelde en indien u gesamentlike bruto inkomste minder is as R42 350,00 per jaar, kwalifiseer u vir kwytskelding van skoolgelde.

  •  Te same met hierdie omsendskrywe ontvang u ‘n brief aangaande die skoolgelde wat u moet voltooi en skool toe stuur.
  • Skoolgelde is voor of op die sewende van elke maand betaalbaar.

2. KLEURBYEENKOMS :
Hierdie atletiekbyeenkoms vind op 18 Januarie 2011 vanaf 08:00 by die skool plaas. Ouers wat behulpsaam kan wees as beamptes, moet asseblief die afskeurstrokie voltooi en skool toe stuur, voor of op 14 Januarie 2011.

3. LEERDER AFWESIGHEDE / VERLAAT VAN TERREIN / OUERBESOEKE :
Ek herinner u aan die volgende :

  • As u kind afwesig was of gaan wees u die skool skriftelik van hierdie afwesigheid in kennis moet stel.
  • Indien u kind die skoolterrein gaan verlaat u die skool skriftelik / telefonies daarvan in kennis moet stel.
  • Indien u die skool besoek, moet asseblief onder alle omstandighede eers by die kantoor aanmeld.

Hierdie reëlings is noodsaaklik vir die veiligheid van u kind en ons skool!!

4. SKOOLTYE EN HEKKE :
Die skooltye vir 2011 is as volg :

  • Graad 1 en 2 : 07:30 – 12:45 (graad 1 kom tot 18 Februarie 2011 om 12:15 uit)
  • Graad 3 : 07:30 – 13:15
  •  Graad 4 – 7 : 07:30 – 13:35

5. INLIGTINGSVERGADERINGS :
Ons bied graag inligtings vergaderings aan om ouers in te lig oor die akademiese werkwyses. Die vergaderings vind as volg plaas :

Preprimêr : 12 Januarie 2011 - 18:00 - klaskamers
Graad 1 – 3 : 12 Januarie 2011 - 18:00 - klaskamers
Graad 4 : 13 Januarie 2011 - 18:00 - gr. 4A klas
Graad 5 – 7 : 13 Januarie 2011 - 18:00 – gr. 5B klas

6. TOILETPAPIER :
Ons het die beleid in die skool dat elke leerder vir hom/haarself toiletpapier moet skool toe bring. Leerders moet ‘n rolletjie in sy/haar tas hou. Indien ‘n leerder ‘n probleem het, is daar altyd toiletpapier in die klas of kantoor beskikbaar. Diensdoende leerderraadslede het ook papier by hulle.

7. PERSONEELAANGELEENTHEDE :
Vier nuwe assistente is in die grondslagfase aangestel :

  •  Mev. Janine Esterhuizen en mejj. Carli Grobbelaar, Shanais Human en Leonie van Wyk.

Mev. Corlia Allnutt is aangestel as onderwyseres by die junior groep in die preprimêre afdeling.

Baie dankie.

G.J.P.Nieuwoudt
Skoolhoof