Hokkie
PRIMêRE SKOOL NAUDEVILLE SE HOKKIE BEGIN OP ‘N HOë NOOT
Primêre Skool Naudeville het vanjaar met hokkie as ‘n skoolsport begin. Aangesien daarverskeie ander primêre skole in die Goudvelde is wat ook met hokkie begin het of reeds hokkie speel, is daar besluit om ‘n hokkiedag vir primêre skole te rëel. Dié dag het plaasgevind op16 Oktober 2010 by Naudeville se sportgronde en was ‘n groot sukses.
Die skole wat deelgeneem het was: Welkom Prep, Dagbreek, Koppie Alleen en Naudeville.
Daar is 33 wedstryde gespeel en 159 speelsters het aan die dag deelgeneem.
Die uitslae was as volg:
Junior afdeling: 1ste Welkom Prep
2de Welkom Prep
3de Naudeville
Senior afdeling: 1ste Naudeville
2de Dagbreek
3de Naudeville
Naudeville sê dankie aan almal wat dié dag bygewoon het en die spelers ondersteun het.
Daar word beplan om dié dag op ‘n jaarlikse basis aan te bied.
Foto van die wenspan
Agter: Isabelle Muller, Monigue Viljoen, Susan Stighling , Danila Louw(Kaptein), Jacqueline Muller, Ursula Buys(Afrigter), Amri Schlebusch, Lodene Slabbert, Clarisse Fourie.
Voor: Jonica van der Merwe, Alicia Vorster, Anneke van Wyk.
Die junior span met hulle afrigster - mej. Shuney Swart.
12 Augustus 2010 was beslis 'n geskiedkundige dag vir Primêre Skool Naudeville. Die skool se dogters het onlangs met Hokkie as sport begin. Die belangstelling was oorweldigend en aan ondersteuning was daar nie te kort nie. 'n Junior asook 'n senior span het kragte teen St. Domenics gemeet.
Op die foto saam met die senior span is hulle afrigster mej. Ursula Buys.