Kontreifees
Groot was die opgewondenheid en die feestelike pret wat die personeel van Naudeville ervaar het,saam met die Cambells, tydens die onlangse kontreifees wat die skool aangebied het.
Dit was `n heerlike kuieraand en volgende jaar beloof die Kontreifees om nog groter en heerliker te wees.`n Plakboek met tekeninge en bemarkingsfoto`s is ook aan die Cambells oorhandig.
Die tema vir die aand was Cowboys.Van links: Corlia Alnutt, Cambell, Lizelle de Beer, Cambell, Louisa Burger en Shuney Swart.
Primêre Skool Naudeville se jaarlikse kontreifees was jaar op 11 September gehou. Dit was die vyfde jaar gewees wat hierdie gewilde fees plaasgevind het. Dit was ‘n heerlike kuieraand met braaivleisvure kampvure, musiek en jolyt! Hierdie jaar was die gaskunstenaars “Die Campbells”.
Die personeel skud hul "vere" (cowboy-hoede) reg vir hul jaarlikse Kontreifees.
Agter - Louisa Burger, Mnr. Gert Nieuwoudt (skoolhoof),
Elbé Cloete, Salomé van der Merwe, Alta Kriek
Middel - LZ Fourie, Lizelle Basson
Voor - Petro Makkink, Corlia Allnutt, Lizelle de Beer, Luné Tondo
Heel voor - Hannetjie Leygonie
Naudeville word "Cowboy-ville"
Die leerders kon nie wag vir die Kontreifees nie. Gestewel en gespoor met denims. hemde, stewels en hoede het die Graad 3's sommer baie lekker "gees gevang" en hul medeleerders aangemoedig om definitief na die skool se jaarlikse Kontreifees te kom!
Naudeville Skool - ...Volhard en Wen