Wenke vir Graad 1 - Leerders se Ouers

  1. Kweek 'n vaste roetine aan wat slaaptyd; etenstyd; TV - kyk betref. 'n Kind voel veilig in dissipline en roetine en dit help weer om dissipline in die klas te aanvaar.
  2. Mamma moet help kyk dat alle boeke, potlode, uitveërs, liniale en kryte in die tas is.
  3. Help om die potlode en kleurpotlode tuis skerp te maak.
  4. Doen dit saans wanneer dit slaaptyd is, want soggens is die tyd min.
  5. Saan betys op sodat leerders rustig kan klaarmaak om sodoende spanning uit te skakel.
  6. Besorg leerders betyds by die skool veral Maandag.
  7. Pak elke dag lekker voedsame kos in die kosblik (toebroodjie of kospakkie). Sien asseblief toe dat die koeldrankbotteltjie nie lek nie. Die skool het 'n snoepie waar lekkers, koeldrank, ysies, skyfies, pasteie, burgers en olieringe verkoop word.
  8. Daar moet elke middag na die boodskapboekie gekyk word. Hierin word boodskappies, minder belangrike briefies, die lessies en werkies vir die volgende dag ingeskryf. Teken dit asseblief en stuur weer terug skool toe.
  9. Mamma en Pappa moet help en toesien dat die werkies tuis gedoen word. So leer leerders ook verantwoordelikheid aan.
  10. Die inligtingskoeverte moet geteken word en die volgende dag teruggestuur word.
  11. Stuur geld altyd in 'n veilige houer wat gemerk is. Geen los geld. Snoepiegeld in 'n beursie/banksakkie.
  12. Nadat die groot klomp boeke aan die begin van die jaar oorgetrek is, moet u nogsteeds bruinpapier, plastiek en kleeflint hou.
  13. Hare:- Die rekkies en linte van meisies moet liglou en wit wees. By die seuns word geen vreemde haarstyle toegelaat nie. Kort hare is die beste - veral in die somer.
  14. As die boeke huis toe gaan, blaai asseblief deur en teken op die laaste bladsy of plek wat deur die onderwyseres aangedui word. Moenie kommentaar byskryf nie. Goed of sleg. Moedig u kind altyd positief aan.
  15. Neem die vrymoedigheid en kom bespreek sake in verband met u kind met die onderwyser.
  16. Hou asseblief u siek kind tuis. 'n Siek kind kan nie konsentreer nie. Indien u kind siek was, moet hy 'n briefie of mediese sertifikaat inhandig.
  17. Moedig goeie taalgebruik aan.