VCSV
Die VCSV in samewerking met mej. Welkom, Chantelle le Roux, het 'n insameling van babaklere, speelgoed en benodigdhede vir kinders en babas vir die Morning Stat Sentrum gehou. Hier word die artikels deur leerders aan Chantelle le Roux(mej. Welkom) oorhandig. Op die foto is ook mev. Louisa Burger (links) wat die VCSV organiseerders is van die Skool.
Die leerders kry elke Woensdag die geleentheid om deel te neem aan die VCSV (Verenigde Christelike Studente Vereniging). Die VCSV is ‘n interkerklike organisasie.
Gedurende die VCSV-byeenkomste word die Woord van God op aanskoulike, interessante en ontspanne wyse aangebied. Daar word ‘n uitgewerkte program deur die jaar gevolg. Dit sluit speletjies, ‘n piekniek of twee, gemeenskapsdiens soos bv. die insameling van klere en nie-bederfbare voedsel vir minderbevoorregtes asook diens aan ons skool en ouers in.
Leerders leer hier om op ‘n tasbare wyse om te gee vir hul naaste en om uit te reik na hul wat minder bevoorreg is.
Ons poog ook deur die jaar van ‘n verskeidenheid predikante en groepe gebruik te maak om die aanbiedinge so lewendig, aanskoulik en betekenisvol as moontlik te maak.