Skoolgeld
Die skoolgelde vir 2012 beloop R450,00 per maand oor 11 maande (R4950,00 per jaar). Indien u van mening is dat u kwalifiseer vir afslag of kwytskelding van skoolgelde, moet u onverwyld vorms by die kantoor afhaal en aansoek doen daarvoor.
Ouers wie se gesamentlike bruto inkomste minder is as R123 750,00 per jaar, kwalifiseer vir afslag op skoolgelde en indien u gesamentlike bruto inkomste minder is as R49 500,00 per jaar, kwalifiseer u vir kwytskelding van skoolgelde.
Skoolgelde is voor of op die SEWENDE van elke maand betaalbaar.