Redenaars


Carli Olivier en  Till-Marie du Preez het aan die halfeindronde van die ATKV redenaars in Bloemfontein deelgeneem. Ons is trots op julle!


Amri Schlebusch is tydens Goudveld Hoërskool se redenaarskompetisie vir graad 7 leerders, aangewys as die algehele wenner. Hier spog sy met haar trofee wat sy verower het. By haar is haar is mev. Hannetjie Leygonie, haar trotse afrigter.
 

Redenaars

Graad 1 leerders kan reeds vanaf die eerste kwartaal by die skool se redenaars inskakel. Hier word leerders geleer hoe om toesprake met selfvertroue voor gehore te lewer. Redenaars word een keer per week, ná skool aangebied.

Redenaars kry die geleentheid om deel te neem aan die ATKV, KANSA- en skoolkompetisies, soos bv. Hoërskool Goudveld se graad 7 Redenaarskompetisie en interne redenaarsaande.

Dit is die derde jaar dat redenaars in twee groepe verdeel is, nl. ‘n Juniorgroep (graad 1 tot 4) en ‘n Seniorgroep (graad 5 tot 7). Die Juniorgoep word deur mev. L Burger en die Seniorgroep deur mev. H Leygonie afgerig.

Redenaars kry ook die geleentheid om in die vierde kwartaal deel te neem en mee te ding om die Grondslagfase trofee (graad 1-3), Junior Redenaar trofee (graad 4-5) en die Senior Redenaar trofee (graad 6-7).

Redenaars gee leerders die geleentheid om met ‘n voorsprong deur hul skoolloopbaan te gaan omdat hul reeds op ‘n vroeë ouderdom leer om met gemak hul saak te stel.

Redenaars verg ook ‘n baie spesiale dissipline, wat deursettingsvermoë en intensiewe leerwerk, betref. Hierdie leerders is baie spesiaal, aangesien baie tyd en opoffering in die uitwerk, leer en afronding van die toesprake gesit word en toewyding en getrouheid is ‘n voorvereiste vir ‘n redenaar.
Dit kweek weer verdere vaardighede vir die lewe vorentoe.