Ouervereniging
PRIMêRE SKOOL NAUDEVILLE OUERVERENIGING
Primêre Skool Naudeville het ‘n baie aktiewe ouervereniging. Elke klas word deur 3-4 ouers verteenwoordig, maar enige ouer is welkom om maandelikse vergaderings by te woon of betrokke te raak by projekte wat deur die ouervereniging aangepak word.
Tans bestaan die ouervereniging uit 25 ouers. Die voorsitter is mev. D.C. Kirsten en die seketaresse is mev. C.L. Schlebusch. Die ouervereniging word ook in die skool se beheerraad verteenwoordig deur mev. D.C. Kirsten.
Projekte wat deur die ouervereniging gereël word sluit onder andere die volgende in:
- Stoepverkopings
- Steakbraai
- Pretloop
- Kontreifees met bekende sangers
- Melodrama
- Klaskamerprojekte
- Kos- en klereprojekte
- ens.
Die ouervereniging is werklik ‘n hoeksteen in die sukses van Primêre Skool Naudeville.
Stoepverkopings is altyd 'n hoogtepunt.