Graad 1 Benodighede

                                           
Skoolgeld word voor of op die 7de van elke maand betaal oor 11 maande vanaf einde Januarie tot einde November.

Al die artikels moet reeds op die eerste dag by die skool wees.

  • 12 Draaikryte
  • 6 2H potlode. Let wel: Asseblief nie HB-potlode nie, dit skryf te donker!
  • 1 Liniaal van 30cm
  • 1 Goeie klein rondepunt skêrtjie waarmee fyn knipwerk gedoen word.
  • Maak asseblief seker dat u die regte handskêr vir die leerder se skryfhand koop.
  • 1 Sagte uitveër
  • 1 Potloodsakkie 30cm 9 nie 'n "spacecase" nie) Geskenk gr 1 dag.
  • Al bogenoemde artikels MOET met u kind se NAAM GEMERK WORD.
  • Plaas al hierdie artikels in potloodsakkie.
  • 1 Pak Unifix-blokkies
  • 1 Sakrekenaar
  • 1 x 2 liter roomysbak (plastiek)
  • In die ROOMYSBAK MET DIE LEERDER SE NAAM op.
  • 10 Lêersakkies vir Portefeulje
  • 4 Groot buisis rooi Pritt (asseblief geen ander as "glue stick" nie)
  • 2 Pakke met 12 lang inkleurpotlode
  • 1 Medium dikte inkleurboek
  • 1 Los metaal potloodskerpmaker wat in 'n houertjie met 'n deksel geplaas word.
  • 1 Skooltas - met afskortings en groot genoeg dat daar 'n A4 boek kan inpas (nie te groot nie)
  • Sterk stoelsakkie (denim)
  • 1 Flip-file (minimum 20 Sakkies)
  • 1 Geel stoflap
  • 1 Rol toiletpapier
  • 1 Dokument sakkie "wallet" A4
  • Koop asseblief kleefplastiek (DC fix), om 4 A4 boeke oor te trek

Al bogenoemde artikels moet ook gemerk word aangesien baie van dit ingeneem word.

 ALGEMENE INLIGTING:

Dit is belangrik, dat indien u verhuis, u dadelik die adres en telefoonnommers, by die onderwyseres sal regstel.
Gee asseblief skriftelik, enige mediese toestande soos allergieë, asma ens. aan onderwyseres.
Skooltye vir gr 1-leerders: 07:30 tot 12:30 tot en met 31 Janurie 2012. Vanaf Woensdag 1 Februarie 2012 kom hulle 12:45 uit.
Afskrifte van die volgende dokumente moet reeds die eerste dag (in ‘n groot koevert of lêersakkie) aan die onderwyseres gegee word:

- Kliniekkaart
- Verslag vanaf arbeidsterapeut (indien enige)
- Verslag vanaf sielkundige (indien enige)
- Laaste vorderingsverslag van Gr R. (Ons het reeds die leerders van Preprimêre skool Naudeville se verslae.)
- Verslag vir skoolgereedheid (indien enige).