JESUSWEEK !! 30 JANUARIE TOT 03 FEBRUARIE
Elke oggend vanaf 07:39 tot 08:15 het die leerders in die saal bymekaar gekom en is daar heerlik saamgesing.
Op aanskoulike wyse is die waarhede van Jesus weer aan die leerders uitgewys. Die belangrikheid van die lees van die Bybel, gebed en diens aan ons medemens is aan die leerders geleer. Bybelverse is op ‘n kreatiewe manier aan die leerders geleer, sodat selfs die kleinste kind dit kon herhaal en onthou.
‘n Toegewyde en wonderlike groep het vir die kinders die Jesusweek aangebied. Die groep was o.l.v. Heidi McLaren. Sy is bekend vir haar werk onder kinders en besoek, deur die jaar, skole om hierdie program aan te bied. Ons is baie dankbaar dat ons Hemelse Vader vir Heidi na ons gestuur het.
Die leerders het al die aktiwiteite, sang en stories baie geniet.
Vrydag was al die leerders se gesigte geverf en op hierdie verrykende noot is die Jesusweek dan afgesluit.
Die skoolsaal het elke dag uit sy nate gebars met jubbelende kinders saam Heidi McLaren, wat ‘n Jeusweek by die skool aangebied het.
Die Graad 3A klas tydens die Jesusweek.
‘n Uiters geslaagde Jesusweek is by die skool aangebied.
v.l.n.r. Gert de Necker, Heidi McLaren, Clarise Nel, Thea-Ele Viljoen, Kobus Botha, Juan Nortje