Graad 1's - Eerste dag - 2012

Opgewonde met boepens tasse het ons bang – opgewonde saam met ons mammas, pappas, oupas en oumas in die Saal gesit. Ons ouers is hartseer daar weg, maar ons was gelukkig in ons nuwe klasse. Ons het sommer gou begin “werk” en kon twee keer pouse hou. Sommer gou was die eerste dag verby en het ons met baie boeke huis toe gegaan.

Kyk Ma ons is in die GROOT skool!!!!


Groot skool gaan lekkerrrrrr wees!!


Ouers wees gerus. Ons sal mooi na julle kinders kyk.


Mamma ek is bietjie hartseer.

"Ons is klaar groot"

Die jaar het met groot opwinding begin met ons 59 nuwe Gr1-leerders.
Tyd vir trane was daar nie, maar vir hul baie sêgoed  wel!!!!

Tydens die heel eerste dag van skool:

Michelle:” Juffrou, ek is nie seker ek moet hier wees nie want ek kan nog nie lees en skryf nie.”

Willem-Hendrik:” Juffrou. Ek is darem lucky. My ma het vir my 4liter gom gekoop.”

Anoniem (tydens ekstra klas aan ‘n nuwe maatjie):” Is jou ma ook te moeg om jou huiswerk te doen?”

Graad 1-groete.