Wenners!!

Naudeville het n uitsonderlike Atletiekseisoen beleef. Na ons plaaslike kleurbyeenkoms het ons atlete aan een op warmingsbyeenkoms by Bedelia gaan deelneem. Hier is pragtige resultate opgelewer. Tydens die Goudveld-Suid Sirkel Atletiekbyeenkoms het 78 atlete deelgeneem en is Naudeville aangewys as die algehele wenner van die byeenkoms. Ons wil graag vir Mnr. Japie van Rooyen en Kaptein Rayn Ellis bedank wat gehelp het met die afrigting van ons atlete gedurende die seisoen.
Ons is trots op die volgende drie leerders wat in die Vrystaat Atletiekspan ingesluit was en aan die Suid-Afrikaanse kampioenskap in Durban deelgeneem het:

Ons Vrystaat atlete


Riaan Olivier (Hoogspring), JW Viljoen (200m & Verspring),
Bernice Kirsten (Hoogspring)

Ons Kampioen


Bernice Kirsten seil hier oor die dwarslat tydens die SA Atletiek kampioenskappe in Durban om die eerste plek in die hoogspring dogter 0/12 te behaal in ‘n hoogte van 1.50m. Beslis ‘n atleet om dopgehou te word. Naudeville is trots op jou!!!


JW Viljoen in aksie



Kleuratletiek


Witspan = Groot spoed!!


Pas op. Hier kom ons!!


Ons ouers in aksie.


Wie sien kans vir ons Juffrouens!!