Rekenaars

Rekenaars

“Lees om te Lees” is die basiese beginsel van “Lees om te Leer”. Dit is waarmee die leerders van Naudeville Primêre Skool in die Lees-laboratorium van Stimulus Maksima besige is. Die basis van LEER is om suksesvol te kan LEES. Dit beteken dat die kind op sy regte vlak, teen die regte spoed en met meer as 80% begrip kan lees. Dit is slegs die basis van waarna ons kyk. Dan praat ons nog nie van die reg tel van Perseptuele uitvalle, oogspan-probleme, versterkte konsentrasie, die uitskakel van regressies en fiksasies en die aanleer van verskillende leesstrategieë nie. Daar moet deurlopend, deur die kind se skoolloopbaan, aan sy/haar leesontwikkeling gewerk word om hom/haar sodoende op die regte vlak te hou. Dit is juis vir hierdie, en nog vele ander redes, dat die leerder deur die leeslaboratorium gaan.