Koor
Vierde Kwartaal:
Vrolikheid op note.
Beide kore het hul suiwerste note gedurende die 4de kwartaal gesing en so die jaar op ‘n hoë noot afgesluit.
Die junior koor het tydens die prysuitdeling en die VLU se afsluitingsfunksie opgetree.
Hulle het nuwe lewe geblaas in die aanleer van die ABC en almal lekker skrikgemaak met hulle spookliedjie “BOE!”
Die senior koor het ook 2 baie oulike liedjies op hul prysuitdeling gesing. Ons is voorwaar trots op al die Naudie-kanaries!
Derde Kwartaal:
Hierdie Kwartaal het die Junior Koor geskitter. Die ou kleintjies het hard geoefen en toe ‘n barshou gesing by die graad 1 dag. Met hul mooi koorhempies en geel linte in hulle hare het hulle elke klein maatjie lus gemaak om deel te word van ons spogskool!
Volgende kwartaal sien ons uit na ‘n optrede by Welkom-Suid gemeente op 16 Oktober.
Die twee kore sal ook onderskeidelik by die Grondslagfase en Intermediêre fase Prysuitdelings optree.
Tweede Kwartaal:
Op Donderdag, 26 Mei, het die koor die ysige weer trotseer om by die NG Gemeente Welkom Suid te gaan optree.
Ons het hierdie kwartaal hard geoefen en slegs die finale afronding sal volgende kwartaal gedoen word, en dan sal ons in “perfekte harmonie” by Gimnasium se koorfees kan optree op 21 Julie. Onder Juffrou Sandra se bekwame leiding word ‘n paar instrumente ook hier en daar tussen die vrolike singery deur gehoor!