KONSERT! KONSERT! KONSERT!
Vanaf 5 – 8 September was dit die woord wat meestal in ons preprimêre woordeskat voorgekom het! Ouers, familie, kinders en personeel het koorsagtig kaartjies begin koop vir die hoogtepunt van ons jaar. Soos die week verloop het, het al hoe meer vaak en moeë gesiggies by die skool opgedaag – party het sommer deurgeslaap tot die volgende aand se konsert. Die gehoor kon op die ritme van “ Kaptein, Jan van Riebeeck, Sambrele en So baie vise” saamklap en feesvier. Met dankbare harte teenoor alle belanghebbendes, toon ons ‘n wins van R 25 000 wat net so in die preprimêre afdeling teruggeploeg word tot voordeel van ons klein mensies. Volgende jaar maak ons weer so!!!