Ons skool se trots in 2010!!!
Daniela Louw het voorwaar 'n opskudding veroorsaak met al haar prestasies en trofeë wat sy tydens die onlangse prysuitdelingsfunkies ingepalm het.
Daniela Louw was eerstens die Hoofdogter van 2010. Sy ontvang ook die volgende toekennings: Dux Leerling, Sportvrou van die jaar, Veelsydigheidsskild, Vrystaat Landloop kleure, Vrystaat Tennis kleure, Beste Tennisspeelster van die skool, Victrix Ludorum, Beste Baanatleet, Beste Hokkie speelster. Sy ontvang ook erkenning vir die hoogste akademiese toekennings vir graad 7 in: Afrikaans, Engels, Wiskunde, Natuurwetenskap, EBW, Tegnologie, Kuns en Kultuur, Lewensoriëtering.
Naudeville is voorwaar trots op jou!!
Danie Hendricks is aangewys as die Sportman van die jaar. Hy het Vrystaatse sy Vrystaat Atletiekkleure verwerf, was in die Griffon 0/13 A Rugbyspan wat aan die Cravenweek deelgeneem het en die Skool se Victor Ludorum.
Amri Schlebusch het tydens prysuitdelingsfunksie met die Kultuurtrofee weggestap. Sy is ook aangewys as die beste redenaar van die skool.
Tydens die Grondslagfase se onlangse prysuitdelingsfunksie het die volgende leerders trofee verower as die beste presteerders 'n hulle spesifieke gebied.
Agter:
George Harrison en Angela Muller (Landloop), PJ van Wyk (Tennis gr. 2), Michelle Marais (Netbal 0/9)
Middel: Tiaan Longhurst (Rugby 0/7), Imelda Hamman (Victrix Lodorum) Corné Viljoen (Rugby, Krieket, Tennis), Francois Greyling (Skaak)
Voor:
Vian Smithers (Krieket 0/8), Jacolette Wessels (Redenaars), Till-Mari du Preez (Netbal 0/7, Tennis gr.1), Kayleigh van der Merwe (Netbal 0/8)
Die volgende Grondslagfase leerders het setifikate ontvang vir erkenning omdat hulle in een of ander provinsiale sportsoort uitgeblink het.
Agter:
Jacolette Wessels (Nasionale Jeugskou, Dans Provinsiale deelname), Imelda Hamman (Dans Provinsiale deelname), Hendro Nortje (Gimnastiek Noord-Vrystaat)
Voor:
Kian Kirsten (Swem Noord-Vrystaat), Cornè Viljoen (Tennis Noord-Vrystaat), Francois Greyling (Skaak Noord-Vrystaat)