Graad 1's - Eerste dag - 2012
Opgewonde met boepens tasse het ons bang – opgewonde saam met ons mammas, pappas, oupas en oumas in die Saal gesit. Ons ouers is hartseer daar weg, maar ons was gelukkig in ons nuwe klasse. Ons het sommer gou begin “werk” en kon twee keer pouse hou. Sommer gou was die eerste dag verby en het ons met baie boeke huis toe gegaan.
Kyk Ma ons is in die GROOT skool!!!!
Prysuitdeling 2011
Hoofleiers vir 2012 is AJ Duncker(Onderhoofseun),
JW Viljoen(Hoofseun), Amorey van der Westhuizen (Hoofdogter), Danyke de Beer(Onderhoofdogter)
Tydens Prim. Skool Naudeville se Grondslagfase se prysuitdelingsfunksie is verskeie puik prestasie behaal.
Agter:Armand Ferreira (Victor Ludorm), Rian Lombard(Rugby: speler 0/7), George Harrison (Krieket: Junior Trofee, en kaptein kaptein van 0/9 krieketspan wat Brandwag se Aandreeks gewen het), PJ van Wyk(Junior Trofeë vir Krieket en Tennis)
Middel:Anay Brits(Speler 0/8 vir netbal en hokkie), Lerѐ Nel(Beste Grondslagfase redenaar), Chatelle Kotze(Netbal: 0/9 speler), Till-Mari du Preez(Tennis, Beginners Gr.2), Angela Müller(Junior trofee vir Landloop en Tennis),
Voor:Elzandri Nortje(Netbal: speler 0/7 en Tennis: Beginners Gr.1), Maurice Stein(Krieket: speler 0/8), Hendrѐ Bezuidenhout(Krieket: speler 0/7), Jacobus Greyling(Skaak: Junior Trofee), Suzelle Jerling(Victrix Ludorm)
Agter:
Till-Mari du Preez(Swem: Noord-Vrystaat), Lerѐ Nel(Swem: Noord-Vrystaat), Alex Smith(Karate: Noord-Vrystaat)
Voor:
Angela Müller(Landloop: Vrystaat), Kian Kirsten(Swem: Noord-Vrystaat), Chuwandru Esterhuizen(Karate: Noord-Vrystaat
Clarisse Fourie(gr.7) het 8 van die 9 akademiese toekennings opgeraap. Hier is Clarisse met die volgende trofeë : Afrikaans, Engels, Natuurwetenskap, Sosiale wetenskap, EBW, Tegnologie, Kuns en Kultuur, en LO. Sy is dan ook aangewys as Prim. Skool Naudeville se DUX leerling.
Prim. Skool Naudeville loop oor aan talent. Iabel Müller is beloon vir al haar uitsondelike prestasies. Sy was nie net Naudeville se hoofdogter van 2011 nie, maar het op alle terreine uitgeblink. Op akademiese gebied spog sy met 8 onderskeidings. Op die sportveld het sy Vrystaat kleure in Altetiek en Landloop ontvang. Sy is ook as die skool se Victrix Ludorm aangwys. Sy het Noord-Vrystaat ook op die Tennisbaan verteenwoordig. Sy is ook aangewys as die skool se beste Senior Hokkiespeelster. Sy ontvang dan ook die skool se Veelsydigheids-skild. Voorwaar ‘n leerder waarop Naudeville baie trots is. Baie geluk. JW Viljoen – Sportman van die jaar. Prim. Skool Naudeville is baie trots op hulle nuwe hoofseun vir 2012. JW het provinsiale kleure in drie verskillende sportsoorte ontvang, nl. Vrystaat atletiek, Noord-Vrystaat B tennis, Griffon 0/12 rugby. Op akademiese gebied het hy ook sy kant gebring deur 2de in sy graad te staan.
JW Viljoen – Sportman van die jaar. JW het provinsiale kleure in drie verskillende sportsoorte ontvang, nl. Vrystaat atletiek, Noord-Vrystaat B tennis, Griffon 0/12 rugby. Op akademiese gebied het hy ook sy kant gebring deur 2de in sy graad te staan.
Claudine Ellis die skool se Kultuurtrofee ontvang. Sy is ook aangewys as die skool se beste Juniorredenaar.
Naudeville ondersteun die BOKKE!!
Wie sal nou kan raai dat Naudeville ook kan “tred” hou met die nuwe tegnologie! Uit die kantoor! Derde Kwartaal: Uitstaande gebeurtenisse die kwartaal was die 1ste seunspan wat die liga gewen het en die 2de en 3de seunspanne wat teen mekaar moes uitspeel om die ligawenners te bepaal. Sterkte vir die laaste kwartaal. Naudeville=Wenners 
Ons het gedurende die kwartaal begin met ‘n facebook profiel wat gegroei het tot 110 vriende wat insluit: ouers, oud skoliere van Naudeville, Naudies-self en onderwysers.
Nou kan almal op hoogte bly met die skool se gebeure en prestasies. Dit staan enige een vry om aan te sluit by ons facebook profiel deur Primêre Skool Naudeville te soek op facebook.
Ons sien daarna uit om jou op facebook te ontvang!
Die derde kwartaal se asem is uit, dus is die jaar ook byna uitgeloop.
Ons krieketseuns het ook gewys dat Naudeville krieketskool in die Goudveld is. Sewe 0/11 seuns en nege 0/13 seuns is in die Goudveldspanne opgeneem.
Die Preprimêre konsert, Naudeville Hokkiedag en die Kontreifees verdien ook vermelding.
U kan solank u kampstoele versier, Bobby van Jaarsveld en Karlien van Jaarsveld tree op 8 September 2012 by die Kontreifees op. Dit gaan groot wees.
Onthou, n skip in die hawe is veilig, maar is nie gebou om in die hawe te lé nie.
Wenners
Goudveld-Suid
Sirkel Atletiekbyeenkoms
Wenners
0/13 Rugby - Odensia Aandreeks
Wenners
0/13 Netbal - Odensia Aandreeks
Wenners
0/12 Rugby - Nelsdrif Toernooi